1. |
Mis Jou
02:50
|
|||
Mis Jou
my geheue hardloop terug
en ek mis jou
twee verliefdes in 'n skare
'n jeukende neus weg van jou hare
bruin kolle van die gras
wit wolke op jou skouer
'n bos blomme buite my deur
my geheue hardloop weer
en ek mis jou
|
||||
2. |
Tweedimensioneel
04:39
|
|||
Tweedimensioneel
sal jy my kom haal vanaand?
ek wil jou seine voel sidder in my hand
maar ek moet eerder nou net van jou vergeet
want dit is net 'n fantasie en dit is nie jy nie
gee my net nog 'n leeftyd se kans
daar is te min dae om te weet of ons 'n fout maak
baby ek mis jou te erg
jy is te ernstig en te ver
te tweedimensioneel
sal jy langs my kom slaap vanaand?
ek vlieg more alleen terug na helder afrika
kan ek vir jou soen wanneer ek jou weer sien?
ons kannie verder gaan, want daar is nie genoeg tyd nie
gee my net nog 'n leeftyd se kans
daars is te min dae om om te gee of ons 'n fout maak
baby ek mis jou te erg
jy is ernstig en te ver
te tweedimensioneel
hoe lank moet ek hierdie nog verbeel?
|
||||
3. |
Die Voorstel
02:09
|
|||
Die Voorstel
ek stel voor oor 'n jaar
as jy al geland het en ek's met my lisensie klaar
vat ons 'n kar met 'n groot agterbak
wat ons vol van die dinge wat ons die liefste het kan pak
boeke, rooiwyn, comics en 'n guitar
kombers, kussings en natuurlik vir mekaar
vat skofte deur die nag
draai dan links by 'n gondpad en ry
tot waarookal die blou ons vat
(of totdat die diesel opraak)
tot ons kom by 'n dorpie te klein vir 'n naam
by een van die huisies stop ons en klop aan
ons word verwys na 'n huis op met die pad
met 'n wilgerboom, 'n sinkdak en 'n buitebad
geen telefoon om ons te pla
vir lig het ons kerse, vir musiek sing ons verse
om te eet sal ek braai,
in die tuin groei jy die slaai
onder die sterre sal ons bly
net ek en jy
die kar roes weg soos ons kinders agter speel
ekke sweer ek droom asof ek dit alles verbeel
|
||||
4. |
Snare
02:21
|
|||
Snare
ek het finaal opgegee
om te spook met
akkoorde
om jou lyf tot by my te sing
tot hier in my arms
stil en soet
mooi en warm
hoekom sal ek op kitaarsnare tokkel
as ek jou vas kan hou?
|
||||
5. |
Waardevol
03:40
|
|||
Waardevol
hulle maak net een van haar
elke duisend jaar
geluksalig is die man wat jou in die neelsie gewaar
diamant oorskulpe
hare pikgietswart
gemaak van fossielolie, gehaal uit die aarde se hart
waardevol
as hulle my hande af sou saag
sou ek net een ding vra
dat ek jou vir oulaas in my arms oor die waters kan dra
voete klein en skaam
gevleg van saffraan
en vlek die hele wêreld geel oral waar hulle staan
waardevol
|
||||
6. |
Sonskyn II
02:09
|
|||
Sonskyn II
sonskyn bring my nader aan jou
die aarde kan nie vinnig genoeg draai nie
ek sien uit om jou in te wag
dit is my droom hierdie nag
elektrisiteit hou my wakker vanaand
beter as om na my leë hande in die donker te staar
sonskyn, waar is jy vanaand
jy moet haar opgee een van die dae
en as jy kom oor die swart oseaan
maak my dan aan jou borskas vas
en as jy kom en my wakker maak
bind my dan aan jou borskas vas
sonskyn waar is jy vanaand?
jy moet haar teruggee een van die dae
|
Streaming and Download help
ZAP Records recommends:
If you like [ZAP-012] Langafstand, you may also like:
Bandcamp Daily your guide to the world of Bandcamp